Middag openbaar
[search 0]
Meer
Download the App!
show episodes
 
Loading …
show series
 
Lammie verras sy kinders met die vosperd wat hy gekoop het, maar Ousus is bekommerd oor die skuld wat haar pa gemaak het. Nadat Lammie die lemoendoring uit Koos se voet gehaal het, vertel hy hulle die goeie nuus van sy aanstelling as die sprinkaanbeampte van Sluis. Mordecai Fischer maak ’n verrassende bekentenis aan Simon.…
  continue reading
 
Lammie stap vasberade na Fischer se winkel om broodnodige kruideniersware te koop. Sy dae van sukkel en praatjies van verwaarlosing is met sy aanstelling as sprinkaanbeampte iets van die verlede! Koos sien Bekkie aankom na hulle huis toe, en sy opmerking maak Ousus ietwat bekommerd.Door RSG
  continue reading
 
Lammie is beswaard omdat sy swaer, Lewies, hom ontbied het. As die oudste seun, verwag hy meer respek van sy jonger swaer. Lena en Sarel vermoed dat Lammie oor die verwaarlosing van sy kinders deur Krissie aangespreek sal word. Lewies maak ’n voorstel aan Lammie, maar word verras deur sy swaer se teenstand.…
  continue reading
 
Op pad terug ná sy onderonsie met Krissie, praat Christina weer met Lammie. Toe hy haar vra of sy regtig met hom praat, en of dit sy verbeelding is, soos Bertha aan die hand gedoen het, verdwyn Christina. Lammie kry goeie nuus, en hoop om daarmee sy skuld aan Fischer uiteindelik te vereffen.Door RSG
  continue reading
 
Onderweg na Bertha, gewaar Lammie hoe sy jonger broer, Sarel en sy vrou, Lena – met die hulp van sy suster, Krissie – probeer om ’n verhongerde koei weer staande te kry. Krissie roep Lammie eenkant en vra of hy dit nie sal waardeer as sy kinders nie meer gebrek hoef te ly nie. Hulle het woorde en gaan kwaaivriende uitmekaar.…
  continue reading
 
Lammie is besig om ’n meubelstuk in opdrag van Mordecai Fischer, die geslepe winkeleienaar op Sluis, te voltooi. Hy vertel aan Simon, wat voltyds in diens van Fischer is, dat hy op soek is na ’n moeder vir sy kinders. Hy besluit om tien myl te stap om by Dirkie Coetsee te gaan hoor of hy dalk ’n kans staan om haar hand te wen.…
  continue reading
 
Bertha verskil van opinie met Lammie oor die wyse waarop sy swaer die familieplaas bekom het. Lammie ontvang besoek vanuit ’n baie onverwagte oord, maar Bertha maak dit af as sinsbedrog. Sy glo Lammie is net so begaaf soos sy oorlede vader, en sal ’n groot sukses as nutsman in die Sluis-omgewing wees.…
  continue reading
 
Ousus bekla haar lot by Bekkie, maar is verstom om te hoor wat haar vriendin as kind moes deurmaak. Lammie vra Bertha en sy swaer, Louis du Toit, om hom te ontmoet want daar is ’n baie ernstige saak waarmee hy hulp benodig. Die oplossing bewaarheid egter sy grootste vrees.Door RSG
  continue reading
 
Christina se dood het verreikende, negatiewe gevolge vir Lambertus Bredenhand en sy gesin. ’n Dag ná haar begrafnis doen Lambertus (Lammie) se ma, Bertha Bredenhand, ’n voorstel aan die hand waarmee Lammie hom nie kan vereenselwig nie. Tóg gee hy toe dat Ousus haar skoolloopbaan sal moet opoffer.Door RSG
  continue reading
 
Ester gee Mandy die robotiese baba-pop terug vir Jolene. Wilma kry 'n uitnodiging na haar broer Albert se troue met Marita in Mauritius. Jolene bevestig sy is verwagtend en dat Lionel pa gaan word. Almal kom bymekaar vir Sammy se begrafnis by die gastehuis. Die dorp ervaar 'n laaste skudding.Door RSG
  continue reading
 
Jolene vertel vir Ronel dat sy haar maandstonde gemis het, en vermoed sy is dalk swanger. Ryno pak sy seismograwe op by die nooddiens-stasie, en Ronel is ontsteld omdat sy dink hy gaan die dorp ook verlaat. Lionel vra Barend se hulp om Mandy die robot-pop by Ester en Wilma terug te kry.Door RSG
  continue reading
 
Mandy die robot-babapop annekseer die radioverhaal se karakters, en herhaal grepe uit hulle verlede sodat die luisteraar dieper insig in die verhaal kan kry. Dan neem die verhaal 'n heftige wending wat die luisteraar glad nie verwag het nie... Luister en leer, die toekoms het ons geannekseer.Door RSG
  continue reading
 
Mandy, die robot-babapop, spin Wilma na die verlede om haar te help om perspektief op die hede te kry, en haar toekoms uit te sorteer Dit spin Wilma en Ester terug na die 1969-aardbewing en die aand in die kerk se vrugteboorde, toe Wilma en Ester hulle liefde teenoor mekaar verkondig het.Door RSG
  continue reading
 
Wilma vertel vir Ester dat dominee Malan na die ontploffing in 'n koma in die hospitaal lê. Barend keer terug dorp toe, en doen navraag by Lionel oor sy huis wat gestroop is ná die aardbewing. Lionel konfronteer Manie weer oor die sportsakke, en Manie sê hy sal dit net teruggee as hy 'n eis kan insit.…
  continue reading
 
Jolene kry slaappille by die nooddiens-stasie se dokters, en meng dit met lemoensap, wat sy vir Ronel gee. Manie gaan snuffel rond by die kerk se Anglo-Boereoorlog kelder, en vind dominee sit daarbinne vas terwyl hy gebid het. Ryno en Jolene sukkel om 'n slapende Ronel by die gastehuis te kry.Door RSG
  continue reading
 
Wilma is bekommerd oor Ester wat so geheg aan die pratende robtiese babapop raak, en vra Jolene om die pop te kom haal. Manie vra Ryno om hom te help om die sportsakke met die geld en juwele uit dominee se Anglo-Boere-oorlog kelder te verwyder. 'n Vyfde sterker aardbewing tref die dorp.Door RSG
  continue reading
 
'n Vierde aardbewing tref die dorp, en skud almal weer van koers af. Ester praat haar mond verby voor Jolene oor Manie se geldsakke. Ronel besluit om met die tweerigtingradio’s by die noodtafel te help. Lionel wys Jolene hoe hy sy kantoor by die polisiestasie ingerig het vir 'n slaapplek vir hulle.Door RSG
  continue reading
 
'n Derde kleiner aardskudding tref die dorp, en gooi Ester se kombuis by die gastehuis weer deur mekaar. Lionel besoek die nooddiens-stasie om by dominee uit te vind hoe die polisie kan help. Manie vertel vir dominee dat hy vir Lionel van die geld vertel het wat Sammy in die grot weggesteek het.Door RSG
  continue reading
 
Dominee en Wilma word veilig uit die kerkmuseum binne in die preekstoel gehys. Ronel keer terug na haar restaurant om uit te vind haar personeel en gaste is veilig uitgekry deur Manie se brandmanne. Dominee is bly om te sien sy nooddens-stasie is 'n sukses, maar 'n derde aardbewing tref hulle…Door RSG
  continue reading
 
Ester kry Manie wakker nadat hy te veel wyn gedrink het, en vertel hom dat Jolene en Lionel die sekuriteitskode vir die wynkelder bring om hulle vry te laat. Ryno gebruik 'n hyskraan om dominee en Wilma met die preekstoel uit die ou kerkmuseum te red, en skuif almal na die kerksaal se nooddiens-stasie.…
  continue reading
 
‘n Tweede skudding volg, wat nog skade aanrig. Jolene en Ronel help Lionel om flitsligte en grawe in sy bakkie te laai terwyl Ryno weer 'n seismiese lesing doen. Dominee Malan en Wilma sit nog verder vas in die preekstoel. Lionel en Jolene probeer met Ester en Manie kontak maak by die wynkelder.Door RSG
  continue reading
 
Jolene en Lionel het ook vasgeval in hulle huis, maar kan self uitkom. Ronel kom by die kerksaal se nooddiens-stasie aan en vind dit staan nog, maar deel van kerk se toring het inmekaar getuimel. Ronel en Jolene moet Ester uit die gastehuis se kelder kry, waar Manie slaap nadat hy te veel wyn gedrink het.…
  continue reading
 
Wilma vat die sakke met geld en juwele terug na Manie, en vra hom om Ester uit sy skelmsake te hou. Manie vra dominee om die twee sakke vir hom weg te steek by die kerksaal se nooddiens-stasie. Ryno doen 'n onderaardselesing in die berge, en laat weet dominee Malan daar is 'n skudding oppad.Door RSG
  continue reading
 
Manie wil weet hoekom Jolene nie by die polisiestasie was nie en haar eenkant hou oor Sammy wat in die grot gevind is. Dominee Malan besoek Manie by die brandweerstasie, en hoor van die geld en juwele wat Manie in die grot gevind het. Lionel verras vir Jolene met die robotiese oefenbaba.Door RSG
  continue reading
 
Wilma vertel vir Ester van dominee en Ryno wat nou 'n aardbewing nooddiens-stasie in die kerksaal oprig nadat hy voor die kerkraad verskyn het. Hulle besluit om te gaan kyk wat daar aangaan. Ronel vertel vir Ryno van die babapop wat Lionel vir Jolene gekoop het om haar moederskap mee te oefen.Door RSG
  continue reading
 
Lionel probeer Manie en Ester oortuig dat Sammy dood is aan natuurlike oorsake, maar Manie wil wag vir die finale uitslag van die polisie se forensiese ondersoek. Jolene kom uit haar slaapkamer, en kuier saam met Ronel. Sy vertel haar sy en Lionel oorweeg om wel skenkerinseminasie te gebruik.Door RSG
  continue reading
 
Albert vertel vir Ester van die sportsak wat Manie in die grot saam met Sammy se lyk gevind het, maar Manie wou nie sê wat daarin is nie. Ester vra Manie uit oor die sportsak, en wil weet of hy dit vir die polisie gaan gee. Ryno verneem dominee mag voortgaan om sy aardbewingvisioene te deel.Door RSG
  continue reading
 
Wilma keer terug van Kaapstad af, waar sy dominee Malan gaan aankla het by die kerkraad. Albert en Marita besluit om nog 'n ruk lank aan te bly, en word deur Wilma vir ete genooi by Ronel se restaurant. Ester sit ‘n goeie woord in vir Albert by Ronel, en vra haar om haar pa met sy nuwe meisie te aanvaar.…
  continue reading
 
Dominee Malan vra of hy Albert se aandeel in die galery kan koop. Manie loop in Marita langs die swembad vas by die gastehuis waar sy bostukloos langs die swembad sonbak, en word uit die veld geslaan. Marita en Albert mediteer langs die swembad om te besin of hulle gaan aanbly of vertrek.Door RSG
  continue reading
 
Ronel se pa Albert vertel haar dat hy al sy aandele in die eiendomme op die dorp aan Wilma gaan verkoop nadat hy en Marita getrou het. Hulle sal dan permanent na Mauritius verhuis. Barend is bekommerd oor die brief met die seismiese data van die aardbewing wat Ryno vir dominee Malan gegee het.Door RSG
  continue reading
 
Ester verras Ryno met 'n croissantontbyt, en waarsku hom dat Ronel se pa, Albert Jooste, en sy nuwe meisie, Marita Marais, vandag by die gastehuis intrek. Albert en Marita arriveer vroeër op die dorp, en hulle verras Ronel by haar restaurant. Die dorp word deur nog 'n ligte aardskudding getref.Door RSG
  continue reading
 
Ronel is steeds bekommerd oor Jolene wat nie reageer op haar oproepe of boodskappe nie, en oorweeg dit om deur te ry Hawston toe. Ester vertel vir Barend dat sy haar mond verby gepraat het oor haar liefde vir Wilma. Dominee Malan glo hy het die stem van bó met Ryno se seismometer opgetel.Door RSG
  continue reading
 
Loading …

Korte handleiding