Sondag 7 Julie 2024 Pieter de Klerk
Manage episode 427669589 series 2644201
TEMA: BERUSTING IN DIE GOD VAN DIE GESKIEDENIS
TEKS: DANIËL 8
(WARREN PEEL; DIE LEWE IN BABYLON; DANIEL 3e PREEK)
1. Inleiding -
Die boek Daniël bestaan uit bekende (Hfs 1-6) en minder bekende deel (hfs 7–12).
Een van die sterkste getuienisse dat Daniel nie net ‘n mooi storieboek is wat deur mense geskryf is nie,
maar dat God die outeur is, is die profesieë wat dit bevat – wat in die geskiedenis geblyk het dat dit
waar is. Profesieë oor Medies-Persiese Ryk, Griekse Ryk, Vervolger van die Jode.
2. Wat Daniël gesien het – 3 visioene – beeldende taal wat dui op die werklikheid:
1) Ram met 2 horings; 2) Bok met 1 horing; 3) die klein horinkie.
3. Wat leer ons hieruit?
a. dit versterk ons geloof dat die Bybel werklik die Woord van God is.
b. God regeer oor die geskiedenis.
c. dit leer ons wat regtig saakmaak – God is meer oor jou en al sy mense begaan as al die leiers in die geskiedenis.
278 afleveringen